Ek word meegevoer deur kleur, dan deel ek hierdie gevoel deur middel van my skilderye.  Ek skilder hoofsaaklik met olieverf op bord, en soms op doek.  Sou jy vra wat ek hiermee wil sê, kan ek nie regtig antwoord nie.  Wat wil 'n see-uitsig sê, of 'n sonsondergang?  Nee, vir my gaan dit hier minder oor praat, en heelwat meer oor luister.  Dit is wat ek wil sê: "Luister.  Met jou oë."

Op hierdie blaaie deel ek fotos van sommige van my skilderye.  Ek sê "myne", hoewel die meeste hiervan lankal nie meer in my besit is nie.  Dalk het jy reeds een van hierdie skilderye aangeskaf, of dalk sien jy nie joune hier nie.  Ek hoor graag van jou om te verneem hoe my skepping in jou lewe aangepas het.